Baie welkom by Tygerberg Gesinskerk
Tygerberg Gesinskerk is ‘n Afrikaanse Baptiste kerk in Durbanville, Kaapstad. Ons is ‘n gesinskerk wat fokus op die familie, Geestelike groei en dissipelskap. Al ons Afrikaanse preke is beskikbaar op ons webtuiste en op iTunes Podcasts.
Ons glo en vertrou dat jy die inhoud van hierdie webtuiste sal geniet, en dat dit vir jou tot groot seën sal wees. Luister gerus na die boodskappe en word deel op Facebook. As jy ooit in die omgewing is kom sê vir ons hallo. Ons is `n warm gemeente wat almal streef na geloofsgroei. Jy sal ons gemeente geniet. Kom, vind jou Geestelike Tuiste…
Dienstye
Sondagoggende om 08:30 en 10:15 – Kinderkerk en Sondagskool word tydens beide dienste aangebied.
(Laerskool Gene Louw se Skoolsaal, Tulip straat, Amanda Glen Durbanville)