Tygerberg Gesinskerk

Aankoop van nuwe perseel – Behoeftebepaling

September 2020

Inleiding

Die leierskap van Tygerberg Gesinskerk het ‘n beginsel-besluit geneem dat dit tyd is om na meer permanente fasiliteite te trek. Ons glo dat hierdie rigting deur die Heilige Gees aan die leierskap geopenbaar is.

Ons wil graag die gemeente deel maak van die soekproses. Alhoewel die leierskap 3 moontlike geskikte opsies oorweeg, wil ons graag by die gemeente hoor of daar nóg opsies is. Aan die einde van die dag is 700 stelle oë beter as 6 stelle.

In hierdie dokument word kortliks opgesom wat die basiese behoeftes is van Tygerberg Gesinskerk. Enige geskikte opsie wat aan die minimum vereistes voldoen, sal oorweeg word.

Neem kennis dat ons voorsiening maak vir visie 1000. As leierskap aanvaar ons dat die Here ons geroep het om ‘n groeiende gemeente te wees wat mense in ons gemeenskap van Jesus vertel, asook om dissipels te maak van almal wat die Heilige Gees na ons gemeente toe bring.

Basiese behoeftes

 BeskrywingSpasie
Kerkgebou:  
Ouditorium*600 sitplekke800m2 (1x40x20)
Babakamer20 plekke40m2 (1x8x5)
Kombuis1 kombuis28m2 (1x7x4)
Voorportaalvoorportaal70m2 (1x10x7)
BadkamersMans en Dames (5 toiletgeriewe per blok)30m2 (2x5x3)
SUBTOTAAL 968m2
   
Sondagskool:  
Voorskool2 klasse32m2 (2x4x4)
Laerskool5 klasse80m2 (5x4x4)
Hoërskool2 klasse32m2 (2x4x4)
Sondagskool-/kursussaal1 saal (90 sitplekke)150m2 (1x15x10)
BadkamersMans en Dames (3 toiletgeriewe per blok)24m2 (2x4x3)
SUBTOTAAL 318m2
   
Kantore:  
Ontvangsontvangs en kantoor28m2 (1x7x4)
Ateljeeateljee vir opnames20m2 (1x5x4)
Kantore5 kantore80m2 (5x4x4)
Konferensielokaal1 lokaal (20 sitplekke)42m2 (1x7x6)
BadkamersMans en Dames (3 toiletgeriewe per blok)24m2 (2x4x3)
SUBTOTAAL 194m2
   
GROOTTOTAAL 1480m2

Parkering:

Om ‘n kerk van dié grootte te akkommodeer, werk ons op ‘n 2.5 parkeringsfaktor. Ons aanvaar dat die gemiddelde motor 2.5 persone gaan aanry. Dit maak voorsiening vir mense wat alleen kom asook mense wat met gesinne kom.

Volgens hierdie scenario kan ons ‘n maksimum van 600 volwassenes en 156 kinders per diens akkommodeer. Dit gee ons ‘n totaal van 756 mense wat om en by 302 parkerings vereis. Elke 2000m2 gee vir jou omtrent 100 parkerings (met die pad tussen-in). ‘n Parkeerarea van 300 parkerings bring ons dan by 6000m2.

Totale spasie benodig:

BeskrywingSpasie
Kerk968m2
Sondagskool318m2
Kantore194m2
Parkering7500m2
TOTAAL:8980m2

Verskillende opsies wat ondersoek word:

In hierdie afdeling ondersoek ons kortliks die voor- en nadele van ons verskillende opsies.

  1. Koop grond (& bou kerk)

Om grond te koop en kerk te bou, is vanuit die staanspoor die duurste opsie. Met boukostes wat nou tot R 10 000/m2 beloop, kan ‘n geskikte perseel enigiets in die omgewing van R 15 miljoen kos. Dit is die erf uitgesluit.

Die voordeel is egter dat jy ‘n gepaste gebou kan bou wat soos ‘n handskoen by die gemeente se behoeftes pas. Verder hoef jy ook nie alles op een slag te bou nie.

  • Koop bestaande gebou (kerk, besigheid, fabriek)

Die aankoop van ‘n bestaande gebou, hetsy dit ‘n kerk of ‘n fabriek is, is beslis ‘n geldige opsie wat oorweeg behoort te word. Die koste van so ‘n opsie is ook gewoonlik baie laer as om grond te koop en ‘n kerk te bou.

Die nadeel aan hierdie opsie is dat ons beperk is tot beskikbaarheid, en op hierdie stadium is alle beskikbare opsies redelik buite die areas waar ons mense primêr vandaan kom.

  • Smelt saam met ‘n gemeente wat oor fasiliteite beskik

Dit is hartseer om te sê, maar daar is baie gemeentes wat swaar trek en dalk die risiko loop om toe te maak. Nog ‘n geldige opsie is daarom om uit te vind van gemeentes wat oop is vir ‘n moontlike samesmelting.

Hierdie opsie kan beslis werk, maar kom met baie risiko’s. Die gemeente met die geboue voel die geboue behoort aan hulle en die eenwordingsproses mag ‘n enorme uitdaging wees. Maar met behoorlike verwagting, bestuur en leiding van die leiers is so iets baie moontlik.

Hier is dit net nodig om so ‘n gemeente te vind waarvan die karakter, aard en teologie dieselfde is as dié van TGK en oop is vir so ‘n samesmelting.

  • Internet-kerk opsie

Die internet-kerk is ‘n baie aantreklike opsie. Die afgelope paar maande kon TGK dit regkry om die gemeente op ‘n unieke manier in hul eie huise te bedien.

Die vraag wat ons nie nou kan antwoord nie, is in hoe ‘n mate die gemeente aan samesyn afgeneem of toegeneem het in hierdie tyd. Mense mag dalk ‘n geweldige behoefte hê aan ‘n in-die-persoon bediening op ‘n Sondagoggend. In hierdie geval sal ‘n uitsluitlike aanlyn-kerk nie genoegsaam wees nie.

Dit is egter baie duidelik dat die kerk van hier af voortaan altyd ‘n aanlyn-bediening sal moet hê.

  • Kombinasie

Dit mag wees dat daar ‘n kombinasie van enige bogenoemde opsies oorweeg kan word.

  • Ander

Dit mag wees dat daar opsies misgekyk is. Ons moet ons opsies oophou en op die uitkyk wees vir ander moontlike opsies wat kan werk.

Maak ‘n voorstel deur:

  1. Die vorm hier onder af te laai en dit te voltooi
  2. Stuur die vorm deur na johan@gesinskerk.co.za